Percy Sledge
Percy Sledge (25 November 1940 – 14 April 2015) was 'n Amerikaanse sanger. Hy was veral bekend vir sy treffers "When a man loves a woman" en "My Special Prayer".
Percy Sledge | |
---|---|
Percy Sledge tydens 'n optrede in die Alabama Music Hall of Fame | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 25 November 1940 Leighton, Alabama, VSA |
Sterf | 14 April 2015 Baton Rouge, Louisiana, VSA |
Beroep(e) | Sanger |
In die vroeë sestigerjare het Sledge as verpleër in 'n hospitaal gewerk en by die musiekgroep Esquires Combo aangesluit. Die plaaslike DJ, Quin Ivy, het hom geadviseer om 'n sololoopbaan te begin. Sy eerste enkelspeler, "When a man loves a woman", wat hy self geskryf het, is in 1966 deur Atlantic Records vrygestel. Die liedjie was wêreldwyd 'n treffer, onder andere nommer een in die Verenigde State. Dit is opgevolg deur treffers soos "Love me Tender", "Take Time to Know her" en in 1969, "My Special Prayer".
In die jare sewentig het sy gewildheid begin daal. Sy laaste groot internasionale treffer was "I'll be your everything" in 1975. Sy optredes het egter steeds goed verkoop en hy kon tot in die jare negentig groot skares trek. In 1987 word "When a man loves a woman" weer 'n treffer, danksy 'n advertensie van die Levi-handelsmerk.
In 1993 is Sledge in die Alabama Music Hall of Fame opgeneem.
Sledge het later in sy lewe lewerkanker opgedoen en is in 2014 daarvoor geopereer. Hy is op 14 April 2015 in die ouderdom van 73 in Baton Rouge, Louisiana oorlede.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Sanger Percy Sledge oorlede, Maroela Media, 15 April 2015
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Percy Sledge.
- Percy Sledge in die Internet-rolprentdatabasis
- Ensiklopedieë