Perth Central Area Transit
Die Perth Central Area Transit System (Perth CAT of kort CAT) is 'n stel van drie busroetes sentraal in Perth, 'n busroete in Fremantle en 4 busroetes in Joondalup. Die Rockingham City Centre Transit System is ook hierby ingesluit. Anders as die ander Transperth-dienste is alle CAT roetes gratis.
Busvloot
wysigDie huidige Perth CAT busvloot bestaan uit 23 Mercedes-Benz O 500LE busse met Volgren-kajuite wat aangedryf word deur saamgepersde aardgas. Buiten die gereelde busse word verskeie "silwer-en-groen" busse van dieselfde tipe as spaar aangehou.
Die Fremantle CAT-vloot bestaan uit 3 Mercedes-Benz O405NH-busse en die Joondalup CAT-vloot bestaan uit 2 Dennis Dart SLF-busse.
Die huidige vloot van saamgeperste aardgasaangedrewe busse is geleidelik in werking gestel vanaf 20 Augustus 2005 en het sestien Scania-DAB MidCity Reeks II 0860S-busse vervang.
Verwysings
wysig- http://www.transperth.wa.gov.au/ServiceInfo/HighFrequencyServices/tabid/143/Default.aspx - High frequency services (Transperth)