Peter Church
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Peter Church is ’n Suid-Afrikaanse misdaadskrywer. Hy woon in Kaapstad met sy vrou, Paula, en kinders Christopher, Megan en Ross.[1]
Peter Church | |
---|---|
Beroep | Skrywer |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Genre | Misdaad |
Noemenswaardige werke | Dark Video, Bitter Pill |
Eggenoot | Paula |
Kinders | Christopher, Megan en Ross |
Sy eerste boek is Dark Video, wat in 2008 deur Random-Struik in Suid-Afrika, asook in 2009 deur New Holland Publishers in Nieu-Seeland en Australië uitgegee is. Volgens die Natal Mercury was dit die beste debuutboek in 'n lang tyd. Die boek is ook deur Sunday Times as 'n boek van die week aangewys.[2]
Sy tweede boek, Bitter Pill is in 2011 uitgereik. Die boek is in 2012 vir die Sunday Times se fiksieprys genomineer.
Werke
wysig- Blue Cow Sky, 2015, ISBN 978-1-928230-24-3
- Bitter Pill, 2011, ISBN 978-1-920137-35-9
- Dark Video, 2009, ISBN 978-1-4152-0015-5
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Outeur se profiel op Amazon.com, besoek op 6 Julie 2017