Plooysburg
Plooysburg is 'n klein nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is geleë langs die Rietrivier. Die dorpie is 15 km oos van Douglas.
Plooysburg | |
---|---|
Gehug | |
Koördinate: 29°1′0″S 24°14′0″O / 29.01667°S 24.23333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Pixley ka Seme |
Plaaslike Munisipaliteit | Siyancuma |
Bevolking | |
• Totaal | 594 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Geskiedenis
wysigDie dorpie Plooysburg het ontstaan nadat die gemeente Duplooysburg in 1920 afgestig is as ’n dogtergemeente van NG gemeente Dutoitspan. Die gemeente het hy sy selfstandigheid veral aan twee skenkings te danke. Dit was 'n buitekerkplek van Dutoitspan, en laat in die 19de eeu is reeds 'n erf aan die kerkraad gegee om daarop 'n kerk te bou. Die kerk is toe omstreeks die jaar 1880 grootliks deur gemeentelede self gebou wat gratis werk gedoen het. Die geskenk van die erf is in die jaar 1911 gevolg deur die geskenk van die hele plaas, Plooysburg, deur mev. J.J. Maler, aan die gemeente Dutoitspan, met die verstandhouding dat as die wyk Plooysburg selfstandigheid bereik, die plaas aan die nuwe gemeente oorgedra moet word.
In 1920 is die gemeente Duplooysburg toe gestig. Die naam is vroeg in die jare 50 na Plooysburg verander. Hier is dus die interessante verskynsel van 'n gemeente met 'n boereplaas as sentrum. Vanaf die stigtingsdatum van die gemeente het die kerkraad lank gepoog om die plaas te laat verklaar tot dorp, maar altyd is gestuit op die gebrek aan water. Rondom die kerk is talle tuishuisies wat net met kerkgeleenthede bewoon is. Die gemeente het in die beginjare vir 99 persent wat sy ledetal betref, uit boere bestaan.
Omgewing
wysigDie Driekopeiland is in die Rietrivier by die dorp. Op die rotse in die eiland is graverings wat deur onbekende mense gemaak is en tot natuurlike en wetenskaplike monument verklaar is. Soortgelyke graverings is in Indië en China gevind.
Sien ook
wysigBron
wysig- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Olivier, ds. P.L., 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.