Die Porsche 928 is 'n luukse GT-motor vervaardig deur Porsche AG van Duitsland vanaf 1978 tot 1995. Oorspronklik bedoel om die maatskappy se goedbekende en beroemde 911 te vervang, kombineer die 928 die krag, houding en hantering van 'n sportmotor, maar met die verfyning, gerief en toerusting van 'n luukse sedan. Sommige Porsche-grootkoppe het gedink dit sou 'n voertuig met 'n groter aantrekkingskrag wees as die kompakte, prettige en soms moeilike 911.

    Porsche 928

1990 Porsche 928 S4
Oorsig
Vervaardiger Porsche AG
Produksie 1977–1995
Montering Vlag van Duitsland Duitsland: Stuttgart
Ontwerper Wolfgang Möbius
Anatole Lapine
Bakwerk en onderstel
Klas Toermotor (S-segment)
Bakstyl 2-deur 2+2 vloeirugkoepee
Uitleg Voorenjin, agterwieldryf
Spesifikasies
Enjin(s)
  • 4.5 L M28/01–M28/18 V8
  • 4.7 L M28/19–M28/22 V8
  • 5.0 L M28/41–M28/47 V8
  • 5.4 L M28/49–M28/50 V8
Ratkas 5-gang handrat
3-gang outomaties
4-gang outomaties
Lengte 4520 mm
Breedte 1837–1890 mm
Hoogte 1275–1282 mm
Massa 1450–1620 kg
Asafstand 2500 mm
Plek in geskiedenis
Opvolger Porsche Panamera Sport Turismo

Sedert sy ontstaan in 1949 het Porsche slegs sewe voorenjinmodelle vervaardig, vier was koepees, insluitend die 928. Die motor dra die onderskeiding dat dit die maatskappy se enigste koepee is wat aangedryf word deur 'n voorgemonteerde V8-enjin, en die maatskappy se eerste produksie V8-model.

Porsche 928 S4 agterstewe