President van Indonesië
Die President van die Republiek Indonesië (Indonesies: Presiden Republik Indonesia) is die staatshoof en ook die regeringshoof van die Republiek van Indonesië. Die president lei die uitvoerende tak van die Indonesiese regering en is die opperbevelvoerder van die Indonesiese Nasionale Weermag. Sedert 2004 word die president en vise-president direk verkies tot 'n termyn van vyf jaar.
Prabowo Subianto is die 8de en huidige president van Indonesië. Hy het op 20 Oktober 2024 die amp aanvaar.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie President van Indonesië.