Princeton, Illinois
Princeton is 'n nedersetting in die deelstaat Illinois en die administratiewe setel van Bureau County.[2] Princeton is ongeveer 155 km suidwes van Chicago geleë.
Princeton | |
---|---|
Stad | |
Straattoneel in Princeton | |
Koördinate: 41°22′43″N 89°28′1″W / 41.37861°N 89.46694°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Illinois |
County | Bureau |
Stigting | 1831 |
Inkorporasie | 1884 |
Regering | |
• Burgemeester | Joel Quiram |
Oppervlak | |
• Totaal | 19,4 km2 (7,48 vk. myl) |
Hoogte | 237,7 m (780 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 468[1] |
• Digtheid | 384,9/km2 (997/vk. myl) |
Tydsone | UTC-6 (CST) |
• Somertyd | UTC-5 (CDT) |
Poskode | 61356 |
Skakelkodes | 815 |
Webwerf | www.princeton-il.com |
Princeton, 'n belangrike sentrum vir landbou, is in 1831 gestig toe setlaargesinne uit Nieu-Engeland op soek na goeie landbougrond hulle hier gevestig het. Later het gesinne uit die Mid-Atlantiese deelstate by hulle aangesluit. Nog voor die Amerikaanse Burgeroorlog het inwoners die spoorwegonderneming Burlington Railway genader om 'n spoorweg sowat een myl buite hul nedersetting te bou - as waarborg vir verdere groei. Die gemeenskap het vervolgens begin om die nedersetting uit te brei en sy hoofstraat tot die spoorweg verleng.[3]
Amtrak-treindienste (soos die Carl Sandburg-trein op die roete tussen Chicago en Quincy) verbind Princeton met ander nedersettings in Illinois.[4]
Verwysings
wysig- ↑ United States Census Bureau: City and Town Population Totals: 2010-2019. Besoek op 30 Augustus 2020
- ↑ Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, bl. 378
- ↑ David A. Belden and the Bureau County Historical Society: Postcard History Series - Princeton. Charleston, South Carolina: Arcadia Publishing 2010
- ↑ Amtrak Guide: Carl Sandburg. Besoek op 30 Augustus 2020
Eksterne skakels
wysig- Ekonomie en toerisme