Princeton, Indiana
Princeton is 'n stad in die deelstaat Indiana en die administratiewe setel van die Gibson County. Daar is steenkoolmyne en ru-olie velde in die omgewing. Die eerste blankes het hulle in 1814 hier gevestig en die nedersetting het dorpstatus in 1884 ontvang. Abraham Lincoln het in 1827 wol hier aan die Evans-meule verkoop; die gebou staan nog.
Princeton | |
---|---|
Stad | |
Die Gibson County Courthouse in Princeton | |
Koördinate: 38°21′13″N 87°34′14″W / 38.35361°N 87.57056°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Indiana |
County | Gibson |
Regering | |
• Burgemeester | Brad Schmitt (R) |
Oppervlak | |
• Totaal | 13,16 km2 (5,08 vk. myl) |
• Land | 13,13 km2 (5,07 vk. myl) |
• Water | 0,03 km2 (0,01 vk. myl) 0.20% |
Hoogte | 121 m (430 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 8 579 |
• Digtheid | 658,3/km2 (1 704,9/vk. myl) |
Tydsone | UTC-6 (CST) |
• Somertyd | UTC-5 (CDT) |
Poskode | 47670 |
Skakelkodes | 812, 930 |
Webwerf | www.princeton-indiana.com |
Daar word verfkwasse, horlosies, rubber produkte en gereedskap vervaardig in die stad en met koring, mielies, sojaboontjies en waatlemoene geboer in die distrik.
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, Bladsy 378.