Raikoke
Raikoke (Russies: Остров Райкоке; Japannees: 雷公計島, Raikoke-tō) is 'n klein onbewoonde vulkaaneiland in die sentrale gedeelte van die Koerile-argipel tussen Rusland en Japan, sowat 20 km noord van die eiland Matoea geleë. Administratief behoort Raikoke aan die Russiese Sachalin-oblast.
Raikoke Inheemse naam: Остров Райкоке 雷公計島 Raikoke-tō | |
---|---|
Nasa-Landsat-satellietbeeld van Raikoke-eiland | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, See van Ochotsk |
Koördinate | 48°17′31″N 153°15′04″O / 48.29194°N 153.25111°O |
Argipel | Koerile
|
Oppervlakte | 4,6 vk km |
Hoogste punt | Raikoke 551 m |
Administrasie | |
Rusland | |
Oblast | Sachalin
|
Demografie | |
Bevolking | Onbewoon
|
Groot uitbarstings: 1924 en 2019 |
Raikoke was ná sy laaste uitbarsting in 1924 byna 'n eeu lank 'n sluimerende vulkaan totdat dit op 22 Junie 2019 skielik uitgebars het. Die uitbarsting was so magtig dat dit volgens die Amerikaanse ruimte-administrasie Nasa nog deur astronaute in die Internasionale Ruimtestasie teen 'n hoogte van 408 km waargeneem kon word.[1] Vulkaniese gasse en as, wat uit die 700 meter breë krater in die atmosfeer uitgestoot is, het aan sonsop- en -ondergange elders op Aarde 'n purperroi kleur gegee.[2]
Wetenskaplikes neem aan dat die eiland se flora deur die uitbarsting vernietig is. Of Raikoke se groot kolonies van ysstormvoëls en Steller-seeleeus die uitbarsting oorleef het, is onbekend.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Raikoke.