Kletsrym

(Aangestuur vanaf Rapper)

Kletsrym of rap is 'n musiekstyl wat deel is van die hip-hop-kultuur. Kletsrym verskil van die gesproke woord deurdat dit op musiek opgevoer word.

Jack Parow tydens 'n optrede.

'n Persoon wat kletsrym beoefen, word 'n kletsrymer of rapper genoem. Die kletsrymer vertel 'n storie of dra 'n gedig op ritmiese wyse voor.

Van die bekendste kletsrymers in Suid-Afrika is Jack Parow, HemelBesem en Die Antwoord.

Die kletsrymer KRS-One.