Rasa ir Jonas
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Rasa ir Jonas ("Rasa en Jonas", Rasa Bubulytė en Jonas Čepulis) is 'n Litause neofolk- en folkrock-duo wat tradisionele Litause folkmusiek met pop-, rock- en elektroniese elemente kombineer.
Rasa ir Jonas | |
---|---|
Geboortenaam | Rasa Bubulytė en Jonas Čepulis |
Oorsprong | Litaue |
Genres | Folkrock, neo-folk |
Jare aktief | 2006 - hede |
Etikette | Muzikinė Partija |
Assosiasies | Svaras |
Lede | Jonas Čepulis (stem, kitaar) Rasa Bubulytė (stem, sintetiese klavier) |
Die twee jong sangers het in 2006 met die televisie-projek Dangus ("Hemel") bekendheid verwerf en 'n kort rukkie later hul debuutalbum Saulala Raudona ("Rooi Son") vrygestel. Dit is in die volgende jaar vir die Radiocentras 2007 Awards genomineer en het uiteindelik die prys vir die beste alternatiewe musiek en beste debuut gewen.[1]
Rasa ir Jonas tree gereeld by musiekfeeste en ander konserte op, dikwels ook met ander Litause musiekkunstenaars soos Svaras van G&G Sindikatas.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysigMedia - video's