Rathenow
Rathenow [ˈʁaːtənoː] is 'n stad in die Duitse deelstaat Brandenburg en die administratiewe setel van die distrik Havelland met 'n bevolking van sowat 24 000. Dit is sowat 70 kilometer wes van Berlyn aan die Havelrivier geleë.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Brandenburg |
Distrik | Havelland (HVL) |
Koördinate | 52° 36' N, 12° 20' O |
Stigting (eerste verwysing) | 1157 |
Stadstatus | 1295 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 105,68 vk km |
Hoogte bo seevlak | 29 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 24 164 |
- Bevolkingsdigtheid | 229/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -°C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslag | 536 mm |
Burgemeester | Ronald Seeger (CDU) |
Amptelike Webwerf | Rathenow |
Rathenow, wat reeds in 1295 stadstatus verwerf het, het in die DDR-tydperk tussen 1949 en 1990 met sy optiese bedryf 'n belangrike rol op Oosblok-markte gespeel. Die plaaslike staatsonderneming VEB Rathenower Optische Werke (ROW) was destyds die leidende verskaffer van brille en ander optiese produkte op Oos-Europese markte. Met die verval van die Sowjetunie en die ineenstorting van Oosblok-ekonomieë ná 1989 het die onderneming skielik die grootste deel van sy afsetgebiede verloor. Sedert 13 Mei 2013 dra Rathenow die amptelike bynaam Stadt der Optik.
Eksterne skakels
wysigKoördinate: 52°36′N 12°20′E / 52.600°N 12.333°O