Razdor (Kamiziak-rajon)
Razdor (Russies: Раздор) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Razdor Plaaslike Munisipaliteit wat nog vier kleiner nedersettings insluit: Azofski, Kaspi, Rewin Choetor en Zastenka. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die linkeroewer van Tsjornajarivier en 12 kilometer suidoos van die rajon se setel, Kamiziak.
Razdor Раздор | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 46°04′30″N 48°13′14″O / 46.07500°N 48.22056°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 1 320 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416310 |
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Razdor 1 208 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking en Kasakke is die grootste minderheid.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 1 Augustus 2023.