Rika Cloete
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Rika Cloete is 'n Afrikaanse digter en skrywer.
Werk
wysigHaar digbundel “eensaamigheid”[1] bevat hoofsaaklik kort gedigte oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitende die dood, verskeie sienings van skepping vanaf die skryfdaad tot die ontstaan van die heelal, gedigte oor spesifieke persone, klein huislike vreugdes, samesyn en liefde. Hierdie onderwerpe is nie suksesvol gestruktureer nie, sodat die bundel ten spyte van knap gedigte ongeordend voorkom. Op haar beste is sy egter gevat en bondig, met die gedig “oerknal” ’n besliste hoogtepunt met sy relativering van die skepping van die heelal. In 2020 word haar gedig ‘afsêbrief aan ’n regsgeleerde’ in Vers en vrou opgeneem. [2]
Publikasies
wysig- 2002 - eensaamigheid (Suider Kollege Uitgewers Stellenbosch, Eerste druk 2002)
- 2004 - Die oog van Isis (LAPA Uitgewers)
- 2017 - Doodsroeper (LAPA Uitgewers)
’n Aantal kortverhale in plaaslike tydskrifte (Huisgenoot, Vrouekeur)
Bronnelys
wysigBoeke
wysig- Cloete, Rika “eensaamigheid”
Tydskrifte en koerante
wysig- Hugo, Daniël “Presies hoe oorspronklik is die oerknal?” “Die Burger” 1 Maart 2004