Robert Stankovski
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Robert Stankovski was in 1964 in Bratislava, die hoofstad van Slowakye gebore. Na sy jeugjare waartydens hy die klavier, blokfluit, hobo en klarinet bestudeer het, het hy sy aandag op die ouderdom van veertien jaar na dirigeer gedraai. Hy het in laasgenoemde en in klavier by die Bratislava Konservatoria gegradueer met die titel van beste gegradueerde van die jaar. Stankovski word as een van die beste dirigente van die jonger generasie om vanuit Tsjeggo-Slowakye te kom, beskou. Stankovski het vir die plate-etiket Marco Polo simfonieë deur Rubinstein en Miaskovski, bykomend tot werke deur Dvořák en Smetana, opgeneem.[1]
Verwysings
wysig- ↑ https://www.discogs.com/artist/842834-Robert-Stankovsky. Opgespoor en besoek op 12/08/2019