Rolling Stone
Die Rolling Stone-tydskrif is 'n Amerikaanse tydskrif toegewy aan musiek, liberale politiek en populêre kultuur wat tweeweekliks gepubliseer word.
Rolling Stone | |
---|---|
Redakteur | Jann Wenner |
Redaksielede | Will Dana |
Kategorieë | Musiektydskrif |
Frekwensie | tweeweekliks |
Uitgewer | Wenner Uitgewers |
Totale Oplaag | 1,4 miljoen |
Jaar gestig | 1967 |
Eerste uitgawe | |
Land | |
Taal | Engels |
Webwerf | www.rollingstone.com |
Oorsprong in San Francisco
wysigRolling Stone het sy oorsprong in San Francisco in 1967 gehad, deur Jann Wenner (wie tot vandag nog die redakteur en uitgewer is) en musiek resensent Ralph J. Gleason. Wenner het $7500 by sy eie familie en sy toekomstige vrou, Jane Wenner,[1] se familie geleen om die tydskrif tot stand te bring.
Rolling Stone het aanvanklik geïdentifiseer met, en rapporteer oor die hippie teenkultuur van die era. Die tydskrif het homself gedistansieer van die ondergrondse pers van die tyd, soos Berkeley Barb, en meer aanvaarde joernalistieke standaarde beoefen en die radikale politiek van die ondergrondse pers vermy. In die heel eerste uitgawe van die tydskrif het Wenner geskryf dat Rolling Stone "nie net oor musiek gaan nie, maar ook die dinge en houdings wat musiek omhels." Dit het die 'de facto kredo' van die tydskrif geword.
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2011. Besoek op 18 Desember 2007.