Ryskoker
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Ryskoker is 'n elektriese kombuistoestel vir huishoudelike gebruik waarin rys op 'n gerieflike manier gaargemaak en perfek gekry kan word sonder dat dit oorkook of klewerig word. Gespoelde rys en die benodigde hoeveelheid koue water word in 'n metaalhouer gegooi en die ryskoker ingeskakel. Die rys het klaar gekook sodra die hele kookwater geabsorbeer is of verdamp het.
Die eerste outomatiese ryskokers is in die vroeë 1950's deur die Japannese Toshiba Corporation ontwikkel en vanaf 1955 bemark.[1] Vandag word outomatiese ryskokers in baie huishoudings in Oos-, Suid- en Suidoos-Asië aangetref en raak ook in westerse lande toenemend gewild.