Sachma (Russies: Сахма) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Sizi Boegor Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.

Sachma

Сахма
Dorpie
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland
Sachma is in Astrachan-oblast
Sachma
Sachma
Die ligging van Sachma in Astrachan-oblast
Koördinate: 46°14′28″N 48°27′43″O / 46.24111°N 48.46194°O / 46.24111; 48.46194
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedAstrachan-oblast
RajonWolodarski
Bevolking
 • Totaal379
TydsoneUTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd)
Poskode
416198

Die beroemde Kasakse komponis Koermangasi het sy laaste jare op Sachma deurgebring, maar is op 'n ander dorpie, Altinzjar, begrawe.

Demografie

wysig

Volgens Sensus 2010 was daar 375 inwoners op Sachma. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]

Etniese groepe Sensus 2010 Persentasie
Kasakke 343 91,5%
Russe 32 8,5%
Totaal 375 100%

Verwysings

wysig
  1. Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 12 Julie 2023.