Safaripak
'n Safaribaadjie of bosbaadjie is 'n kledingstuk wat oorspronklik ontwerp is vir die doel om op safari te gaan in die Afrikabos. Indien dit saam met 'n lang- of kortbroek van dieselfde materiaal gedra word, word dit 'n safaripak genoem.[1] 'n Safaribaadjie is oor die algemeen 'n liggewig katoen of ligter poplin-baadjie, tradisioneel kakie in kleur, dikwels met epauletstyl skouerbande, met vier of meer uitbreibare blaasbalksakke.
Geskiedenis
wysigLiggewig, liggekleurde uniforms is deur Europese soldate gedra wat in 'n warm klimaat gedien het.[2] Hulle het tipies epoulette, geplooide sakke, gordels en ander funksies gehad wat later na safaribaadjies oorgedra is.
Verwysings
wysig- ↑ http://www.theage.com.au/news/national/want-to-look-cool-get-a-safari-suit/2007/06/29/1182624171515.html.
- ↑ Martin Brayley, Armies of the Raj, Osprey Publishing, 2012, p. 36.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |