Saint-Guilhem-le-Désert
Saint-Guilhem-le-Désert (Oksitaans: Sant Guilhèm dau Desèrt) is 'n klein dorpie in die Franse département Hérault van die administratiewe gewes Languedoc-Roussillon met 'n oppervlakte van 38,64 vierkante kilometer en 250 inwoners (2007). Die bewoners word in Frans les Sauta Rocs genoem. Saint-Guilhem-le-Désert is deur die vereniging Les Plus Beaux Villages de France as een van die mooiste dorpe in Frankryk gelys.
Saint-Guilhem-le-Désert Sant Guilhèm dau Desèrt | |
---|---|
Dorp | |
'n Uitsig oor die Middeleeuse dorp | |
Koördinate: 43°44′05″N 3°33′02″O / 43.73472°N 3.55056°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Languedoc-Roussillon |
Département | Hérault |
Arrondissement | Lodève |
Kanton | Aniane |
Regering | |
• Burgemeester | Philippe Machetel |
Oppervlak | |
• Totaal | 38,64 km2 (14,92 vk. myl) |
Hoogte | 54–812 m (177–2 664 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 250 |
• Digtheid | 6,5/km2 (17/vk. myl) |
Poskode | 34150 |
Skakelkodes | 34261 |
Webwerf | saint-guilhem-le-desert.com |
Die Middeleeuse dorp, wat aan die Weg van Sint Jakobus, die geskiedkundige pelgrimsroete na Santiago de Compostela in Spanje, geleë is, staan veral bekend vir sy asemrowende ligging in die rotslandskap van uitlopers van die Cevennes-bergreeks. Die dorp lê sowat 50 kilometer noordwes van Montpellier in die nou vallei van die Gellonerivier by die ingang tot 'n reeks indrukwekkende ravyne soos dié van die Héraultrivier.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Saint-Guilhem-le-Désert. |