Sally Esterhuizen
Suid-Afrikaanse aktrise
(Aangestuur vanaf Sally Campher)
Sally Esterhuizen (née Campher) is ’n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rol as Yolanda in die SAUK se sitkom, Orkney Snork Nie. Sy is in 1989 met Pieter Esterhuizen getroud; hy was destyds die assistent-regisseur van die TV-reeks Orkney Snork Nie.[1] In 1984 ontvang sy ’n Artes-toekenning vir haar rol in die gewilde Het van Verlangekraal.[2]
Sally Esterhuizen | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep(e) | Aktrise |
Rolprente | Orkney Snork Nie |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
wysig- Orkney Snork Nie 2, 1993 as Yolanda (Yollie) van Tonder
- Orkney Snork Nie (Die Moewie), 1992 as Yolanda (Yollie) van Tonder
- Orkney Snork Nie (TV-reeks), 1989 as Yolanda (Yollie) van Tonder
- Koöperasiestories (TV-reeks), 1983 as Dingetjie.
- Beloftes van Môre, 1981 as verpleegster Katrien
- Sondaarspoort
- Die voortreflike familie Smit
- Het van Verlangekraal
- Die vierde Kabinet
- Lipstiek Dipstiek
Verwysings
wysig- ↑ Meisie kry haar man, en Het is uit die kraal van verlange Geargiveer 5 Maart 2016 op Wayback Machine, Die Burger, 25 Februarie 1989
- ↑ Orkney se Yollie ’n doodgewone ma, Beeld, 16 Oktober 1992