San Francisco Giants

Die San Francisco Giants is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in San Francisco, Kalifornië. Die Giants ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Westelike Divisie (NL-Wes). Die klub is in 1883 in New York gestig as die New York Gothams. Drie jaar later is die span hernoem na die New York Giants, en in 1958 het die span van New York na San Francisco verhuis. Die Giants speel hul tuiswedstryde by Oracle Park in San Francisco.

Die Giants se kenteken op hul bofbalpet
Oracle Park, die span se tuisveld
Christy Mathewson

Die franchise is een van die oudste en mees suksesvolle spanne in professionele bofbal, met meer oorwinnings as enige ander span in die geskiedenis van Amerikaanse sport.[1] Die span was die eerste Hoofliga bofbal organisasie wat in New York gevestig was, en het op onvergeetlike wyse verskeie tuiswedstryde gespeel by die Polo Grounds[2]. Die Giants het al 20 keer in die Wêreldreeks gespeel. In 2014 het die Giants hul 23ste Nasionale Liga wimpel gewen, wat destyds 'n rekord was, maar sedertdien geëwenaar en toe verbygesteek is deur hul mededinger, die Dodgers, wat met ingang 2024 aanspraak kan maak op 24 Nasionale Liga Kampioenskapsreeks ("National League Championship Series" of "NLCS") oorwinnings. Die Giants se agt Wêreldreeks-kampioenskappe is die tweede meeste in die NL en vyfde meeste van enige franchise.[3]

Die franchise het 17 wimpels en vyf Wêreldreeks-kampioenskappe gewen terwyl hulle in New York was, gelei deur bestuurders soos John McGraw, Bill Terry en Leo Durocher. Spelers soos Christy Mathewson, Carl Hubbell, Mel Ott en Willie Mays uit die span se New York-era, is ingesluit in die Bofbal-heldesaal saam met 63 ander Giants, wat die meeste is vir enige franchise.[4] Die Giants se wedywering met die Los Angeles Dodgers, wat een van die langdurigste en mees bekende wedywerings in Amerikaanse sport is, het in New York begin en voortgeduur toe albei spanne in 1958 na Kalifornië verhuis het.[5][6]

Ten spyte van die talent van Mays en Barry Bonds, wat beskou word as twee van die beste bofbalspelers wat die sport beoefen het,[7] het die Giants 'n kampioenskapdroogte van 56 jaar verduur ná die skuif weswaarts, waartydens die span drie keer aan die Wêreldreeks deelgeneem het. Die droogte het uiteindelik in die vroeë 2010's geëindig, en onder die Giants se bestuurder Bruce Bochy het die Giants sabermetrie omhels en uiteindelik 'n dominerende span geword wat die Wêreldreeks in 2010, 2012 en 2014 gewen het, wat die Giants die tweede span in NL-geskiedenis maak wat drie kampioenskappe in vyf jaar kon wen.[8]

Aan die einde van die 2023-seisoen was die franchise se algehele wen-verloor-gelykop rekord, 11,461 wedstryde gewen, 9,973 wedstryde verloor en 163 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .534). Sedert die span in 1958 na San Francisco verhuis het, is die Giants se wen-verloor-gelykop rekord, 5,394 wedstryde gewen, 5,039 wedstryde verloor en 6 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .517), met inbegrip van die 2023-seisoen.[9] Die span se huidige bestuurder is Bob Melvin.

Huidige spanlede

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Games Won by Teams Records". baseball-almanac.com. 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2015. Besoek op 5 Desember 2014.
  2. Die Polo Grounds was die naam van drie stadions in Upper Manhattan, New York, wat van 1880 tot 1963 hoofsaaklik vir professionele bofbal en Amerikaanse voetbal gebruik is. Die oorspronklike Polo Grounds, wat in 1876 geopen en in 1889 gesloop is, is gebou vir polo. Dit was verbind aan die suide en noorde deur 110de en 112de straat en aan die ooste en weste deur Vyfde en Sesde (Lenox) laan, net noord van Central Park, en is omskep in 'n bofbalstadion toe dit in 1880 deur die Metropolitan Club (Die New York Metropolitans of Mets was 'n 19de-eeuse professionele bofbalspan wat van 1880 tot 1887 in New York gespeel het. Interessantheidshalwe kan genoem word dat die "New York Metropolitan Baseball Club" die naam is wat in 1961 vir die New York Mets gekies is, wat in 1962 as 'n uitbreidingsfranchise begin speel het.) gehuur is.
  3. "Teams with the most World Series titles". MLB.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2022. Besoek op 12 Augustus 2022.
  4. "Giants Hall of Famers". Mlb.mlb.com. 19 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2012. Besoek op 31 Oktober 2012.
  5. "Baseball's top 10 rivalries". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2012. Besoek op 17 Maart 2012.
  6. Woolsey, Matt. "In Depth: Baseball's Most Intense Rivalries". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2017. Besoek op 11 September 2017.
  7. "ESPN's Hall of 100". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2020. Besoek op 27 Julie 2020.
  8. "Giants become 2nd NL team to win 3 World Series in 5 years". 29 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 27 Julie 2020.
  9. "San Francisco Giants Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference. Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2011. Besoek op 8 Junie 2019.

Bronnelys

wysig
  • Hynd, Noel (1988). The Giants of the Polo Grounds: The Glorious Times of Baseball's New York Giants. New York: Doubleday. ISBN 0-385-23790-1.
  • Richard Bak, New York Giants A Basball Album, Arcadia Publishing, 2000
  • James Hardy, The New York Giants Base Ball Club: The Growth of a Team And a Sport, 1870 to 1900, McFarland & Company, 2006
  • Noel Hynd, The Giants of the Polo Grounds: The Glorious Times of Baseball's New York Giants, Taylor Pub, 1996
  • Ray Robinson et Frank Graham, The New York Giants: An Informal History of a Great Baseball Club, Southern Illinois University Press, 2002

Eksterne skakels

wysig