Sasol-kunsmuseum
Die Sasol-kunsmuseum is 'n kunsmuseum te Ryneveldstraat 52 in Stellenbosch in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die museum vorm deel van die Eben Dönges-sentrum op die kampus van die Universiteit Stellenbosch.
Dit word in 'n Hollandse Neo-klassieke gebou uit 1907 gehuisves, wat in 1976 tot 'n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Die gebou is aanvanklik deur die Bloemhof Skool gebruik, waarna dit gerestoureer en op 3 Oktober 1991 as 'n kunsmuseum geopen is. Die restourasiewerk is deur Sasol befonds, wat tot die naam aanleiding gegee het.[1]
Fotogalery
wysig-
Tafelberg, geskets deur Solomon Malan (1839)
-
Borsbeeld van D.F. Malan
Verwysings
wysig- ↑ Nuwe kunsmuseum: Voorste kunstenaars se werk te sien, Beeld, 26 September 1991
- Schmidt, Leoni: Die Sasol-kunsversameling. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 38, nr. 2, Mei 1989