Schwerinsburg
Schwerinsburg (Schwerin se kasteel) is die grootste van die drie kastele in Windhoek, Namibië. Vandag is dit die privaatwoning van die Italiaanse ambassadeur in Namibië.
Schwerinsburg | |
---|---|
Schwerinsburg
| |
Gestig | 1890–1913 |
Land | Namibië |
Geskiedenis
wysigGedurende die konstruksie van die Alte Feste in 1890 was die toring van Schwerinsburg gebou deur Curt von François, kommissaris van Duits-Suidwes-Afrika. In 1904 het Schutztruppe (die Duitse koloniale magte) dit verkoop aan die argitek Wilhelm Sander, wat dit omskep het in 'n biertuin en dit Sperlingslust ("mossies se vreugde") genoem het.[1]
In 1913 het Hans Bogislav Graf von Schwerin, die goewerneur van die Gobabis-distrik van Duits-Suidwes-Afrika, dit by Sander gekoop en hom oortuig om dit in 'n kasteel te omskep. Dit is daarna Schwerinsburg, na die nuwe eienaar, genoem.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ NamibWeb. "Monuments and historical buildings in Windhoek" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 25 November 2009.