Seattle Mariners

Die Seattle Mariners is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Seattle, Washington. Die Mariners ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Westelike Divisie (AL-Wes). Die span het in 1977 aangesluit by die Amerikaanse Liga as 'n uitbreidingsspan en het aanvanklik hul tuiswedstryde gespeel by die Kingdome. Sedert Julie 1999 speel die Mariners hul tuiswedstryde by T-Mobile Park, geleë in die SoDo-buurt van Seattle.

Ken Griffey Jnr. hou ses enkelseisoenkolfrekords en 'n individuele loopbaanrekord vir die Mariners.
Mariners logo, 1977–1979
Mariners logo, 1980–1986. Die logo is geskep vir die MLB All-Star wedstryd in 1979, en is vir die eerste keer in dié jaar gebruik op die span se kolfhelms.
Mariners logo, 1987–1992

Die "Mariners" se naam kan teruggevind word in die belang wat seemanskapkultuur en mariene aktiwiteite in Seattle se geskiedenis gespeel het en steeds speel. Die span se noemnaam is die M's, 'n titel wat prominent was in die span se hooflogo van 1987 tot 1992. Die span het sy huidige spankleure – vlootblou, teel en silwer – aangeneem voor die 1993-seisoen. Sy spankleure was sedert die span se ontstaan koningsblou en goud; die oorspronklike kleure word steeds gebruik in alternatiewe uniforms. Die span se gelukbringer is "Mariner Moose".[1]

Die franchise het eers in 1991 'n wenspan gehad (meer wedstryde in die 163-wedstryd seisoen gewen as verloor), en verdere sukses het hulle ontwyk tot die laat-90's, wat die suksesvolste tydperk in die franchise se geskiedenis is. Onder leiding van Heldesaal-spelers soos Edgar Martinez, Ken Griffey Jnr. en Randy Johnson het die Mariners hul eerste uitspeelplek in 1995 beklink toe hulle hul eerste divisiekampioenskap gewen en die New York Yankees in die Amerikaanse Liga Divisiereeks ("American League Division Series" of afgekort as ALDS.) oorrompel het. Martinez se 'afstap-dubbel' hou (Dié term beteken dat 'n kolwer op tuisbof twee spelers wat gestrand is op 1ste, 2de of 3de bof in staat stel om tuisbof te bereik en sodoende die betrokke wedstryd te beklink; daarom die woord "walk-off" of 'afstap'. In Engels word dit 'n "walk-off double" genoem) het Cora (op derde bof) en Griffey (op 1ste bof) in staat gestel om tuisbof te bereik en sodoende twee lopies by die telling te voeg (dit word "runs batted in" of in Afrikaans 'lopies ingekolf' genoem) en die wedstryd in die 11de kolfbeurt te beklink in wedstryd 5 vir 'n reeksoorwinning. [2]

Nadat Griffey, Johnson en Alex Rodriguez almal die span verlaat het, het die Mariners, versterk deur die ondertekening van Ichiro Suzuki, 116 wedstryde in 2001 gewen, wat die Amerikaanse Liga-rekord vir die meeste oorwinnings in 'n enkele seisoen opgestel het, en die 1906-Chicago Cubs geëwenaar het vir die Hoofligabofbal-rekord vir die meeste oorwinnings in 'n enkele seisoen. Die span sou eers in 2022 weer die naseisoen haal, wat die langste aktiewe droogte in die vier groot Noord-Amerikaanse sportsoorte was.[3][4]

Met ingang 2023 het die franchise 'n verloorrekord (In hierdie geval konnoteer die term "verloorrekord" dat die span meer wedstryde in 'n seisoen verloor het as wat dit kon wen.) van 30 uit 47 seisoene. Die Mariners is die enigste aktiewe MLB-franchise wat nog nooit in die Wêreldreeks verskyn het nie, en hou tans die langste aktiewe Wêreldreeks-verskyningsdroogte in Hoofligabofbal.

Met ingang van die 2023-seisoen, is die Mariners se algehele wen-verloor-gelykop rekord 3,514 wedstryde gewen, 3,873 wedstryde verloor en 2 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .482).[5]

Bekende spelers

wysig

Bekende spelers wat vir die Seattle Mariners speel of topspelers geword het is:

  • Félix Hernández ("King Felix")
  • Ichirō Suzuki ("Ichiro")
  • Edgar Martínez ("Edgar")
  • Alex Rodríguez ("A-Rod")
  • Jay Buhner ("Bones")
  • Bret Boone
  • Ken Griffey junior ("The Kid")
  • Randy Johnson ("The Big Unit")
  • Freddy García ("The Chief")

Verwysings

wysig
  1. Kramer, Daniel (28 Januarie 2021). "The backstory of the Mariner Moose". Mariners.com. MLB Advanced Media. Besoek op 4 Julie 2024.
  2. The Double was 'n dubbelhou deur die Seattle Mariners se Edgar Martínez in wedstryd 5 van Hoofligabofbal se 1995 Amerikaanse Liga Divisiereeks op 8 Oktober 1995. Met een lopie agter in die onderste helfte van die 11de beurt, en met Joey Cora op derde bof en Ken Griffey Jnr. op eerste bof, het Martinez se hou beide Cora en Griffey in staat gestel om tuisbof te bereik, wat die Mariners 'n 6–5 oorwinning oor die New York Yankees gegee het om die reeks 3–2 te beklink. Die hou ("hit") (met die gevolglike twee 'lopies ingekolf' [Eng: "runs batted in"]) word as die belangrikste hou in die franchise se geskiedenis beskou. Dit het gedien as motivering om bofbal in Seattle staande te hou, en het sedertdien 'n ikoniese oomblik in die span se geskiedenis geword. Die Mariners sou later hul tweede divisietitel in 1997 wen.
  3. Kramer, Daniel (1 Oktober 2022). "'We're here': Mariners clinch first postseason spot since 2001". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 4 Oktober 2022.
  4. Divish, Ryan (30 September 2022). "Mariners clinch first postseason berth since 2001 on walk-off home run". The Seattle Times. Besoek op 1 Oktober 2022.
  5. "Seattle Mariners Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com. Besoek op 23 Augustus 2022.

Eksterne skakels

wysig