Sekondêre Skool Delta
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Sekondêre Skool Delta (afkorting DSW, Engels: Delta School Windhoek, Duits: Delta Schule Windhoek) is 'n openbare skool in Olympia, 'n stadsdeel van die Namibiese hoofstad Windhoek. Dit het tot en met 1990 bekend gestaan as Deutsche Oberschule Windhoek (DOSW).
Sekondêre Skool Delta | |
Gestig | 1970 |
---|---|
Tipe | Staatskool |
Hoof | Angelika Jacobie |
Personeel | 30 |
Leerlinge | 580 |
Grade | 1-12 |
Stad | Windhoek |
Provinsie | Khomas |
Land | Namibië |
Webblad | www.delta-school.com |
Die DSW is oorspronklik as 'n Duitsmediumskool in 1970 met 320 leerders en dertien onderwysers gestig, maar word sedert die onafhanklikwording van Namibië deur sowat 40 persent nie-Duitssprekende leerders bygewoon. Oor die jare heen het die DSW tot een van die leidende onderwysinstellings in Windhoek ontwikkel, met byna 600 leerders en 30 onderwysers. Die onderrigmedium is naas Duits ook Engels, vanaf die vyfde graad hoofsaaklik Engels.
Die skool beskik oor 'n koshuis wat in 2009 vir 37 kinders voorsiening gemaak het. Met Future Education is 'n skoolprojek in die lewe geroep wat op namiddae aktiwiteite vir leerders aanbied.
Net soos ander Namibiese skole bied die DSW sedert 2007 die Namibia Senior Secondary Certificate (Namibië se Senior Sekondêre Skoolsertifikaat) as hoogste sertifikaat (graad 12) aan.