Selmar Schönland
Selmar Schönland botanikus | |
Selmar Schönland | |
Volledige naam | |
---|---|
Gebore | 15 Augustus 1860 |
Oorlede | 22 April 1940 |
Geboorteland | Duitsland |
Bekend van | |
Standaardafkorting | Schönland |
Die aangeduide standaardafkorting kan gebruik word by die aanhaling van 'n botaniese naam gepubliseer deur Selmar Schönland. In die Index Kewensis is 'n lys te vinde van deur hierdie persoon (mede-)gepubliseerde name | |
Dr. Selmar Schönland (15 Augustus 1860 in Frankenhausen, Duitsland - 22 April 1940 in Grahamstad) was 'n Suid-Afrikaanse botanis van Joods-Duitse afkoms.
Hy het met sy koms na Suid-Afrika in Grahamstad gaan woon waar hy van 1889 tot 1910 direkteur van die Albanie-museum was. Met die stigting van die Rhodes-universiteitskollege in 1904, het hy professor in plantkunde geword en baie navorsingswerk onderneem, veral met betrekking tot vetplante. Hy is die vader van die fisikus Basil Schonland.
Die standaard skrywer afkorting Schönland word gebruik om Selmar Schönland as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam gebruik word.