Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Sentrum vir Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie (SAAK) word gehuisves in die Fakulteit Geesteswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, en het in 1991 onder leiding van Prof. Erna Alant ontstaan. Dit is geleë in die Kommunikasiepatologiegebou. Die sentrum se missie is om navorsing en opleiding aan studente te verskaf wat ten doel het om die lewens van persone met kommunikasieprobleme te verbeter.