Sergei Bendt
Sergei Bendt (Russies: Сергей Бендт, 1958 – 2007) was 'n Russiese digter, joernalis en teaterakteur van Astrachans-Joodse afkoms. In baie van sy gedigte praat hy oor die geskiedenis, kultuur en estetika van sy tuisstreek en Sentraal-Asië.
Sergei Bendt | |
---|---|
Gebore | |
Sterf | 15 Maart 2007 (op 48) |
Nasionaliteit | Rusland |
Beroep | Digter, akteur |
Biografie
wysigSergei Bendt is in 1958 gebore in die Joodse familie van Nikolai Bendt en sy vrou Tamara. Hy het teaterkuns aan die Astrachanse Musiekinstituut gestudeer. Ná sy gradeplegtigheid het hy na Asjchabad, Turkmenistan, verhuis waar hy by die Asjchabadse Teaterateljee gewerk het. Toe hy in Turkmenistan gewoon het, het hy gedigte begin skryf. Bendt se poësie is in verskeie Sowjetse letterkundetydskrifte gepubliseer. Sy eerste boek, genaamd "Maar...", is in 1997 op sy tuisdorp, Astrachan, gepubliseer.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "Сергей Бендт". Родное Слово. Сайт Астраханского регионального отделения Союза писателей России (in Russies). 15 Maart 2017. Besoek op 13 Julie 2023.
Eksterne skakels
wysig- "Bendt lees sy gedig "Asië"". YouTube (in Russies). 16 Oktober 2015. Besoek op 13 Julie 2023.