Sinoniemring
In metadata is 'n sinoniemring of sinstel 'n groep data-elemente wat vir die doeleindes van inligtingonttrekking as semanties ekwivalent beskou word. Hierdie data-elemente kom dikwels in verskillende metadatarregisters voor. Hoewel 'n groep terme as ekwivalent beskou kan word, berg metadataregisters die sinonieme by 'n sentrale plek wat bekend staan as die voorkeurdata-element.
Volgens WordNet is 'n sinstel of sinoniem gedefinieer as 'n stel of versameling bestaande uit een of meer sinonieme wat in bepaalde kontekste uitruilbaar is sonder om die waarheidswaarde van die stelling waarin hulle ingebed is, te verander.
Voorbeeld
wysigDie volgende word as semanties ekwivalent beskou en vorm 'n sinoniemring.
foaf:person gjxdm:Person niem:Person sumo:Human cyc:Person umbel:Person
Let op dat elke data-element twee komponente het:
- Naamruimtevoorvoegsel wat 'n kort skryfwyse ("snelskrif") vir die naam van die metadataregister is
- Data-elementnaam wat die naam van die objek in elk van die onderskeie metadataregisters is
Uitdruk van 'n sinoniemring
wysig'n Sinoniemring kan uitgedruk word as 'n reeks stellings in die Web Ontology Language (OWL) deur gebruik te maak van die classEquivalence
of die propertyEquivalence
of die instansie-ekwivalensiestelling – die sameAs
eienskap.
Sien ook
wysig- Metadata
- Woordeskatgebaseerde transformasie
- Dataverwysingsmodel
- WordNet