Smitswinkelbaai
Smitswinkelbaai is ‘n geïsoleerde strandoord aan die oostekant van die Kaapse Skiereiland.
Ligging
wysigDie strand is aan die westekant van Valsbaai by 34° 15′ 48″ suid en 18° 27′ oos. Dit is naby die aansluiting van die roetes bekend as M4 en M65, die toegangshek tot die nasionale park by Kaappunt, 11 km suid van Simonstad en 15 km vanaf Kaappunt. Weens die steil helling van die bergwand is dit slegs per voet vanaf die parkeerterrein bereikbaar.
Geskiedenis
wysigIn 1729 het ‘n groep VOC-amptenare die baai besoek. Weens die sterk seestrome was dit moeilik om aan land te gaan. Hulle tref wel ‘n stroompie vars water daar aan. Destyds was dit bekend as Patienciebaai. Die huidige naam is sedert 1744 in gebruik, want die destydse plaaseienaar Pieter Hugo het blykbaar ‘n smidswinkel in die buurt gehad. Twee opvallende rotse in die see daar dra die name van Aambeeld en Blaasbalk.
Bibliografie
wysig- Burman, Jose: The False Bay Story. Kaapstad: Human & Rousseau,1977. ISBN 0-7981-0777-4
- Green, Lawrence G.: South African Beachcomber. Memories of the people of the shore and the stories they told; sand and dunes and treasure, seabirds and creatures of the sea; and personal impressions of certain islands in African waters. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1958
- Slingsby, Peter: Exploring the Cape Peninsula. Muizenberg: Slingsby Maps, 2013. ISBN 978-1-920377-11-3
- westcoastescape.co.za/smitswinkel-bay-the-beach-of-two-anvils/