Solms
Solms is 'n stad wes van Wetzlar in die administratiewe distrik Lahn-Dill van die deelstaat Hesse (Duitsland). Die bekende kameravervaardiger Leica Camera AG het sy hoofkwartier in die 1980's na Solms verskuif.
Kaart (Lahn-Dill-distrik) | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Hesse |
Koördinate | 50°32′N 8°24′E / 50.533°N 8.400°O |
Stigting | Voor 788 |
Stadstatus | 1978 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 34,05 vk km |
Hoogte bo seevlak | 144 m |
Bevolking: | |
- Totaal (30 Junie 2014) | 13 205[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 387,8/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Frank Inderthal (SPD) |
Amptelike Webwerf | www.solms.de |
Die stamkasteel van die grawe- en vorstefamilie Solms met sy hoofdinastie Solms-Braunfels was in die huidige stadsdeel Burgsolms geleë, terwyl die tweede hoofdinastie, Solms-Hohensolms-Lich, in Lich gesetel was.