Solomon Linda
Suid-Afrikaanse musikant
Solomon Popoli Linda (1909 - Soweto, Johannesburg, 8 Oktober 1962) was 'n Suid-Afrikaanse musikant, sanger en komponis van Zoeloe-afkoms. Hy skryf die lied " Mbube " wat later wêreldwyd die treffer The Lion Sleeps Tonight word. Ondanks die gewildheid van die liedjie sterf Linda in armoede in 1962 aan nierversaking.
Solomon Popoli Linda | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Solomon Ntsele |
Gebore | 1909 Soweto, Johannesburg |
Sterf | 8 Oktober 1962 |
Beroep(e) | Musikant, sanger, komponis |