Sone van Ondeursigtigheid
Die Sone van Ondeursigtigheid (Engels: Zone of Avoidance)[1][2] is die gebied van die lugruim wat deur die Melkweg versper word.[3]
Die sone is oorspronklike die "Sone van Min Newels" genoem in 'n referaat in 1878 deur die Engelse sterrekundige Richard Proctor, wat verwys het na die verspreiding van newels.[4]
Agtergrond
wysigWanneer van die Aarde af na die ruimte gekyk word, versper ligdemping, ruimtestof en sterre op die vlak van die Melkweg (galaktiese vlak) die uitsig op sowat 20% van die lugruim buite die sterrestelsel by sigbare golflengtes. Die katalogusse van optiese sterrestelsels is dus onvolledig naby die galaktiese vlak.
Moderne ontwikkelings
wysigBaie projekte het ten doel om die beperking van kennis weens die Sone van Ondeursigtigheid te omseil. Die stof en gas in die Melkweg veroorsaak 'n demping by optiese golflengtes, en voorgrondsterre kan met sterrestelsels op die agtergrond verwar word. Die uitwerking van demping neem egter af by langer golflengtes, soos met infrarooi, en die Melkweg is feitlik deursigtig by radiogolflengtes. Opnames in die infrarooi, soos IRAS en 2MASS, het 'n vollediger prentjie verskaf van die lugruim buite die Melkweg. Twee baie groot nabygeleë sterrestelsels, Maffei 1 en Maffei 2, is in 1968 deur Paolo Maffei in die Sone van Ondeursigtigheid ontdek danksy hulle infrarooi-uitstraling.
Sowat 10% van die lug bly egter moeilik om waar te neem, want voorwerpe buite die Melkweg kan verwar word met sterre in die Melkweg.
Met projekte wat radiogolflengtes gebruik, is baie sterrestelsels ontdek wat nie in die infrarooi gesien kan word nie. Voorbeelde van sterrestelsels wat van hulle HI-uitstralings ontdek is, is Dwingeloo 1 en Dwingeloo 2, onderskeidelik in 1994 en 1996.
Verwysings
wysig- ↑ Ferreira, Becky (3 November 2022). "Scientists Discover Huge 'Extragalactic Structure' in Hidden Region of Space - The obscured "zone of avoidance" in space is a place of mystery, and scientists are peering at what's inside it". Vice. Besoek op 3 November 2022.
- ↑ Starr, Michelle (14 Julie 2020). "A Giant 'Wall' of Galaxies Has Been Found Stretching Across The Universe". ScienceAlert.com. Besoek op 19 Julie 2020.
- ↑ Robinson, L. J.; Tirion, W.; Moore, P. (2002). Astronomy encyclopedia. London, UK: Philip's – via Credo Reference.
- ↑ Kraan-Korteweg & Lahav. 2000, p. 2
Bronne
wysig- Kraan-Korteweg, Renée C.; Lahav, Ofer (24 Mei 2000). "The Universe behind the Milky Way". The Astronomy and Astrophysics Review. 10 (3): 211–261. arXiv:astro-ph/0005501. Bibcode:2000A&ARv..10..211K. doi:10.1007/s001590000011. S2CID 14760994.
- (November 5, 2003) "The Universe behind the Southern Milky Way" in ASP Conference., International Astronomical Union.
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.