Songezo Zibi (gebore 27 Desember 1975) is 'n politikus, die nasionale leier van die nuwe politieke party, RISE Mzansi, en is in 2024 tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies.

Zibi is die voorsitter van die Parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (SKOOR). Hy is 'n voormalige korporatiewe woordvoerder en bestuurder, skrywer, mederedakteur van die Financial Mail, en voormalige redakteur van Business Day, Suid-Afrika se voorste sake- en ekonomiedagblad.