Sopwith Dolphin
Die Sopwith Dolphin is 'n Britse dubbeldekker vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Die Dolphin het voortgespruit uit 'n reeks vliegtuig ontwikkelings van Sopwith en daar was veral gefokus op vlieënier uitsig van uit die kajuit en bewapening. Die boonste vlerk was laer gemonteer, net bo die kajuit met 'n gaping in die vlerk sodat die vlieënier se kop bo kon uitsteek. Dit het veroorsaak dat die vliegtuig nie gewild onder alle vlieëniers was nie; hulle was bang dat die vlieënier beseer kon word met ongelukke waar die vliegtuig vorentoe oor rol. Dit het tot gevolg gehad dat ekstra beskerming oor die kajuit aangebring was. Kaptein Gillett van 79 Eskader het 14 vyandelike vliegtuie en 3 lugbalonne afgeskiet.
Sopwith Dolphin | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Sopwith Aviation Company |
Ontwerp deur | Herbert Smith |
Nooiensvlug | 22 Mei 1917 |
Hoofgebruiker | Britse Lugmag |
Aantal gebou | 2,072 |
Die Dolphin Mk I is in 1917 in diens gestel en daar is 1,532 van die vliegtuie vervaardig. Daar was ook kleiner getalle Mk II en III's vervaardig met ander motors.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Hispano-Suiza motor |
Kraglewering per motor | 200 perdekrag |
Vlerkspan | 9,91 m |
Lengte | 6,78 m |
Hoogte | 2,59 m |
Vlerkoppervlakte | 24,46 m2 |
Maksimum opstygmassa | 911 kg |
Maksimum snelheid | 180 km/h |
Operasionele hoogte | 6 095 m |
Togafstand | 315 km |
Klimvermoë | 260 m per minuut |
Bewapening | Twee gesinchroniseerde 7,7 mm masjiengewere plus een/twee skuins opwaarts gemonteerde masjiengewere voor kajuit |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9