Sorbonne Universiteit
Die Sorbonne Universiteit (ook bekend as Sorbonne Université) is 'n Franse universiteit in Parys. Dit is op 1 Januarie 2018 gestig deur die universiteite van Parys-Sorbonne (Parys-IV) en Pierre-et-Marie-Curie (Parys-VI) saam te smelt.[1]
Sorbonne Universiteit | |
---|---|
Sorbonne Université | |
Gestig: | 2018 |
Tipe: | Openbare universiteit |
President: | Nathalie Drach-Temam |
Personeel: | 8 433 |
Studentetal: | 58 132 |
Ligging: | Parys, Frankryk |
Webtuiste: | https://www.sorbonne-universite.fr |
Dit is in drie fakulteite verdeel: die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, die Fakulteit Geneeskunde en die Fakulteit Wetenskappe en Ingenieurswese. In 2019 was daar 55 600 studente aan die Sorbonne Université, waarvan 10 200 internasionale studente en 6 700 navorsers en navorsingsprofessore was.[2]
Die QS World University Rankings vir 2021, wat die beste universiteite ter wêreld onderskei, plaas Sorbonne Université in die 97ste plek.[3]
Bekende gegradueerdes
wysig- Yann LeCun, Franse rekenaarwetenskaplike wat hoofsaaklik in die velde van masjienleer, rekenaarvisie, mobiele robotika en rekenaarneurologie werksaam is.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- (fr) (en) - Die universiteit se webwerf