Soul Mountain
Soul Mountain (Chinees:t=靈山|s=灵山)is 'n roman deur Gao Xingjian. Die roman is losweg gebaseer op die outeur se reis in landelike China, wat geïnspireer is deur 'n valse diagnose van longkanker.
Soul Mountain
| |
---|---|
Skrywer | Gao Xingjian |
Vertaler | Mabel Lee |
Omslagontwerper | Sagteband |
Taal | Chinees |
Genre | Literêre modernisme, Outobiografiese roman |
Uitgewer | Lianjing Chubanshe |
Uitgegee | Desember 1990 |
Bladsye | 616 |
ISBN | 9789570836899 |
Die roman is ten dele outobiografies en ten dele fiksie en kan beskryf word as 'n verhaal van 'n man se reis om die fabelagtige Lingshan-berg te vind.
Die werk is 'n kombinasie van fragmentariese stories, relase van reise, onbenoemde karakters (verwys na deur die voorvoegsels "ek", "jy", "sy", ens.) en volksgedigte en -legendes. Die Engelse weergawe daarvan, vertaal deur Mabel Lee, is op 5 Desember 2000 in die Verenigde State gepubliseer.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |