Soutgehalte
Soutgehalte of saliniteit, is die soutigheid of hoeveelheid sout opgelos in 'n liggaam van water, genoem soutwater (sien ook grondsoutgehalte). Dit is gewoonlik gemeet in g/L of g/kg (gram sout per liter/kilogram water; laasgenoemde is dimensieloos en gelyk aan ‰).
Soutgehalte is 'n belangrike faktor in die bepaling van baie aspekte van die chemie van natuurlike waters en van biologiese prosesse daarbinne, en is 'n termodinamiese toestandsveranderlike wat saam met temperatuur en druk, beheer fisiese eienskappe soos die digtheid en warmtekapasiteit van die water.
Verwysings
wysig- ↑ World Ocean Atlas 2009. nodc.noaa.gov