Sojoes 23
Die Sojoes 23-ruimtetuig is op 'n Almaz-militêre sending na die Saljoet 5-ruimtestasie gestuur, met die ruimtevaarders Wjatsjeslaf Zoedof en Waleri Rozjdestwenski aan boord. Weens 'n tegniese probleem met die koppelstelsel kon hulle nie aan die Saljoet 5 koppel nie. 'n Soortgelyke probleem is voorheen met die Sojoes 15-sending ervaar.
Sojoes 23 | |
---|---|
Ruimtesending: | Sojoes 23 |
Herkoms: | Rusland |
Lansering : | 14 Okt. 1976 17:19:38 UTC Baikonoer |
Geland: | 16 Okt. 1976 17:45:53 UTC |
Verblyf: | 2 dae, 0 uur, 6 minute, 35 sekondes |
Omwentelinge: | 32 |
Weens die probleem is die sending afgelas. Die Sojoes 23 het teruggekeer na die aarde, maar probleme ondervind nadat dit die atmosfeer binnegegaan het. 'n Sneeustorm het die tuig se valskerm vol sneeu geblaas, waarna die kapsule op 'n bevrore meer geland en toe in die water beland het. Die temperatuur het dié dag tot -20 °C gedaal.
Die bemanning het alle verhitting afgeskakel om krag te bespaar. Pogings om die kapsule met 'n amfibiese voertuig te bevry het misluk. Skubaduikers het eindelik daarin geslaag om die twee bemanningslede lewend uit die kapsule te bevry.
Bemanning
wysig- Wjatsjeslaf Zoedof (Enigste tog)
- Waleri Rozjdestwenski (Enigste tog)
Sending
wysig- Massa: 6 760 kg
- Perigeum: 239 km
- Apogeum: 269 km
- Inklinasie: 51,6°
- Periode: 89,5 min.
Eksterne skakels
wysigVorige sending: |
Sojoes-program | Volgende sending: |