Vir die doeleindes van Sensus 2011 is ’n gebied van 71,27 km² as die hoofplek Somerset-Oos afgebaken. Dit is amper drie maal groter as die 24,12 km² van Sensus 2001; daarom is die syfers van die twee volkstellings nie vergelykbaar nie. Die totale bevolking was volgens Sensus 2011 13 619, sowat 5 000 meer as die kleiner gebied se bevolking in 2001. Die swart (6 294) en bruin (5 850) bevolking is nagenoeg ewe groot, terwyl daar 1 338 wit inwoners was en 136 Indiërs en ander. Die vroulike deel van die bevolking was 52,49 persent en die manlike 47,51 persent. Afrikaanssprekendes was die grootste taalgroep, naamlik 7 394 (56,78 persent), vergeleke met 4 933 (37,88 persent) Xhosasprekendes en slegs 472 (3,62 persent) Engelssprekendes.<ref>{{en}} [http://census2011.adrianfrith.com/place/262003 AdrianFrith.com]. URL besoek op 8 Oktober 2013.</ref>
== Munisipale verkiesings ==
In diedi23: munisipale verkiesing van 2011 het die [[African National Congress]] altesaamaam 12 691 oftewel6918847wel 63,55 persentpers35t van stemme in die Bloukraanroete-munisipaliteitmunisipalite3765 gekryry, vergeleke met 6 631 (33,19 persent) vir die [[Demokratiese Alliansie]] (DA). Onafhanklike kandidate het 659 stemme gekry. Geen ander partye het aan die kiesstryd deelgeneem nie. Die munisipale raad bestaan uit 11 lede, van wie sewe aan die ANC toegewys is en vier aan die DA. Die DA kon net een wyksverkiesing wen, vergeleke met die ANC se vyf. Die oorblywende vyf lede is op grond van proporsionele verteenwoordiging aangewys.
In die munisipale verkiesing van 2006 het die ANC 13 579 stemme gekry en 74,40 persent van die steun op hom verenig. In daardie verkiesing het die DA 4 070 stemme gekry en sy persentasie was 22,30 persent. Uit die destydse 10 setels, het die ANC agt gekry en die DA twee.