Verskil tussen weergawes van "Tronk"

565 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
In die moderne samelewing word tronke algemeen as deel van die [[reg]]stelsel ingespan om veroordeelde [[misdaad|misdadigers]] as aan te hou. Die doel hieragter is om as 'n vorm van straf te dien, maar ook om mense te rehabiliteer, of as dit nie moontlik is nie, uit die samelewing te verwyder. Outoritêre regimes gebruik ook soms tronke as 'n instrument vir politieke onderdrukking, waar politieke andersdenkendes aangehou word. Die gebruik is egter onwettig in terme van internasionale wet. Ten tye van oorlog of konflik, kan gevangenes ook in militêre tronke geïnterneer word.
 
Tronke word gewoonlik deur hoë mure, hekke en uitkykposte omring. Streng toegangsbeheer word toegepas om te verseker dat prisoniers nie ontsnap nie. Selfs binne die tronk is daar gewoonlik verskeie hekke om die beweging van die aangehoudenes te beheer. Die gevangenes slaap in klein geslote kamers wat selle genoem word. 'n Tipiese sel het 'n bed, 'n toilet en 'n wasbak. Gevangenes word daagliks vir 'n beperkte tyd uit hulle selle gelaat om te oefen of seker take te verrig (soos kosmaak en skoonmaak). Besoekers word soms in 'n aparte besoekersarea toegelaat.
 
In Suid-Afrika word tronke deur die [[Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste]] bestuur. Voorbeelde hiervan is die [[Kgosi Mampuru II-beheergebied]] in [[Pretoria]] en die [[Drakenstein-gevangenis]] in [[Paarl]].