Verskil tussen weergawes van "Referendum oor die onafhanklikheid van Skotland"

geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Scottish independence referendum results.svg|thumb|Uitslag: Groen ten gunste; rooi teen onafhanklikheid.]]
 
Tydens die '''referendum oorvir die onafhanklikheid van Skotland''' is [[Skotland|Skotse]] kiesers gevra om vir of teen [[onafhanklikheid]] te stem. Die stemming het op [[18 September]] [[2014]] plaasgevind. Die uitkoms was 'n oorwinning vir die nee-stem<ref>[http://scotlandreferendum.info/ ScotlandReferendum.info - besoek 19 September 2014] {{en}}</ref>.
 
Die "Ja"-veldtog is deur Skotland se Eerste Minister en leier van die [[Skotse Nasionale Party]] (SNP), [[Alex Salmond]] gelei. Hulle het hulself vir 'n onafhanklike Skotland wat nie deel van die [[Verenigde Koninkryk]] (VK) vorm nie beywer. Na afloop van die [[referendum]], waarin hulle slegs 45 persent van die stemme kon trek, het hy sy bedanking aangekondig met die woorde,: "''For me as leader my time is nearly over, but for Scotland the campaign continues and the dream shall never die''"<ref>[http://www.bbc.co.uk/news/uk-scotland-29277527 Scottish referendum: Salmond to quit after Scots vote No], [[BBC News]], 19 September 2014</ref>.
 
Die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, [[David Cameron]], die vise-Eerste Minister [[Nick Clegg]] en die opposisieleier [[Ed Miliband]] het hulself vir die "Nee"-stem beywer. Die voormalige Eerste Minister, [[Gordon Brown]], het ook sy gewig agter die "Nee"-stem ingegooi. Die veldtog is onder die banier van "Better Together" geveg. Uiteindelik verkry hulle 55 persent van die stemme en verseker sodoende dat Skotland deel van die VK bly.