Verskil tussen weergawes van "Planetesimaal"

3 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
General Fixes using AWB
k
k (General Fixes using AWB)
[[Lêer:Artist’s_Impression_of_a_Baby_Star_Still_Surrounded_by_a_Protoplanetary_DiscArtist’s Impression of a Baby Star Still Surrounded by a Protoplanetary Disc.jpg|thumb|’n [[Protoplanetêre skyf]] kan baie planetesimale bevat wat vanweë botsings al hoe groter word. Van hulle kan eindelik [[Planeet|planete]] vorm.]]
'''Planetesimale''' is soliede voorwerpe wat vermoedelik in [[ster]]re se [[protoplanetêre skyf]] voorkom. Volgens algemeen aanvaarde teorieë van [[planeet]]vorming ontstaan planete uit die [[ruimtestof]] wat bots en aan mekaar vasklou om al hoe groter liggame te vorm.
 
Wanneer dié liggame groottes van sowat 1 km bereik, kan hulle mekaar direk aantrek deur hul gesamentlike [[swaartekrag]], en so groei hulle verder tot [[Protoplaneet|protoplanete]] so groot soos mane, en later planete.
 
Alternatiewelik kan planetesimale vorm in baie digte stoflae wat ’n gesamentlike swaartekrag-onewewig in die middel van protoplanetêre skywe ondervind. Baie planetesimale breek tydens gewelddadige botsings, maar ’n paar van die groteres kan oorbly en aanhou groei tot protoplanete.
Daar word geglo die meeste van die planetesimale in die [[Sonnestelsel]] is sowat 3,8 miljard jaar gelede, ná ’n tydperk bekend as die [[Laat Hewige Bombardement]], óf heeltemal uit die Sonnestelsel óf in afgeleë eksentriese wentelbane soos die [[Oortwolk]] geskiet, of hulle het met groter liggame gebots weens die swaartekraginvloed van die groot planete (veral [[Jupiter (planeet)|Jupiter]] en [[Neptunus (planeet)|Neptunus]]). ’n Paar kon as mane aangetrek gewees het, soos [[Mars (planeet)|Mars]] se mane [[Phobos (maan)|Phobos]] en [[Deimos (maan)|Deimos]] en die kleiner mane van die gasreuse.
 
Sommige wetenskaplikes gebruik ook die term vir kleiner liggame in die Sonnestelsel soos [[asteroïde]]s, [[Komeet|komete]] en [[Kuiper-gordel]]voorwerpe wat oorgebly het ná die planeetvorming.
 
Dié beskrywing word nie deur die [[Internasionale Astronomiese Unie]] gesteun nie en verskillende groepe kan verskillende name vir die voorwerpe gebruik. Daar is ook geen spesifieke onderskeid tussen ’n planetesimaal en ’n protoplaneet nie.
80

wysigings