Verskil tussen weergawes van "Matzikama Plaaslike Munisipaliteit"

Opruim
(→‎Wapen: skakel reggestel)
(Opruim)
}}
 
'''Matzikama''' is die mees noodwestelike plaaslike owerheid in die provinsie [[Wes-Kaap]], binne die gebied van die [[Weskus]]-distriksmunisipaliteit. Dit word begrens deur die [[Atlantiese Oseaan]] in die weste, 'n distriksbestuursgebied van die [[Namakwa-distriksmunisipaliteit]] in die noorde, die [[Cederberg Plaaslike Munisipaliteit]] in die suide en die provinsie [[Noord-Kaap]] in die ooste. Die hoofdorp is [[Vredendal]], met ander belangrike dorpe [[Vanrhynsdorp]], [[Klawer, Wes-Kaap|Klawer]], [[Koekenaap]], [[Strandfontein]], [[Doringbaai]] en [[Lutzville]]. Die totale oppervlak van die munisipaliteit is sowat 5  549  km². Die naam is ontleen aan die Matsikammaberge, sowat 10  km suid van Vanrhynsdorp, tussen die Troe-Troe en Wiedourivier.
 
== Nedersettings ==
Nedersettings in die munisipaliteit sluit in:
* [[Klawer]]
* [[Koekenaap]]
 
== Wapen ==
Die munisipale raad het in 2003 'n wapen by die [[Buro vir Heraldiek]] geregistreer.<ref name=bvh>[http://www.national.archsrch.gov.za/sm300cv/smws/sm300dl National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry].</ref>
 
Die wapen is : ''Ingeboe kepersgewys verdeel van groen en silwer, in die skildhoof regs 'n silwer druiwetros goud gestengel en geblaar, links 'n madelief gestengel en geblaar van goud, en in die skildvoet vyf golwende blou dwarsbalke, daaroorheen 'n kreef van natuurlike kleur; op 'n skildhoof 'n voorstelling van die Maskamberg van goud''. Die helmteken is 'n groen en goud muurkroon en die wapenspreuk is ''Prosperitas per labor''.
 
== Bevolking ==
Die totale bevolking volgens die sensus van [[2001]] was 50 167. Van die totaal was 38 &nbsp;217 bruin, 9 &nbsp;124 wit, 2 &nbsp;800 swart en 65 Indiërs. Die oorgrote meerderheid van die bevolking is Afrikaanssprekend (47 &nbsp;751), gevolg deur Xhosasprekendes (1 667) en Engelssprekendes (459). Geen ander taal het meer as honderd sprekers gehad nie.
 
== Opvoeding ==
Daar was in [[2006]] 30 staats- en privaat skole binne die munisipale grense. Die hoërskole was: Vanrhynsdorp, Lutzville, Vredendal en Vredendal Sekondêr.
 
== Polisiestasies ==
Daar was in [[2006]] 'n polisiestasie op Vredendal, Vanrhynsdorp, Klawer, Lutzville en Doringbaai.
 
== Gesondheid ==
Benewens klinieke op die meeste dorpe, is die enigste provinsiale hospitaal op Vredendal.
 
== Media ==
''Radio Namakwaland'' saai daagliks uit van Vredendal en het 'n Christelike inslag. ''Ons Kontrei'' is 'n weekblad wat op Vredendal uitgegee word, terwyl die [[Swartland en Weskus Herald]] sedert [[2006]] weekliks 'n uitgawe vir die Olifantsrivier-gebied publiseer. Die koerant se hoofkantoor is op [[Malmesbury]], maar hy het ook 'n plaaslike kantoor op Vredendal.
 
== Besienswaardighede ==
Die gebied word jaarliks druk besoek deur blommekykers, wat spesifiek hierheen kom om die lente-blomme te bekyk, of op pad is na [[Namakwaland]], noord van '''Matzikama'''.
 
==Eksterne skakelsVerwysings ==
{{Verwysings}}
*[http://www.demarcation.org.za/Published_Maps/Maps/MunicA0PDF/DC1.pdf 'n Gedetailleerde kaart van die Weskus in PDF-formaat]
 
*[http://www.sawestcoast.com/ Toeriste-inligting]
== Eksterne skakels ==
*[http://www.capewestcoast.org/ Webwerf van die Weskus-toerismeorganisasie]
* [http://www.demarcation.org.za/Published_Maps/Maps/MunicA0PDF/DC1.pdf 'n Gedetailleerde kaart van die Weskus in PDF-formaat]
* [http://www.sawestcoast.com/ Toeriste-inligting]
* [http://www.capewestcoast.org/ Webwerf van die Weskus-toerismeorganisasie]
 
{{Wes-Kaap}}