Verskil tussen weergawes van "Carolus Linnaeus"

geen wysigingsopsomming nie
Hy is bekend as die “vader” van die stelsel van naamgewing in die biologie (taksonomiese rang) waarvolgens elke organisme (lewende dier, plant, swam, ens.) trapsgewys afwaarts ingedeel word by groepe wat met elke trap meer gespesialiseerd raak totdat die indeling uiteindelik aan die onderpunt in die organisme se spesie- of subspesienaam eindig. Vandag word die bopunt gevul deur die groep “Lewe” gevolg deur "Domein" reg daaronder, "Ryk" verder ondertoe, ens.
 
Carolus is gebore as Carl Linnaeus. Sy pa het aanvanklik geen familienaam gehad het nie, soos destyds gebruiklik was, maar hy moes een hê toe hy hom by die Universiteit van Lund ingeskryf het. Geïnspireer deur die groot lindeboom by sy geboortehuis, het hy die woord linde verlatyns tot Linnaeus. Sy seun Carl het sy voornaam ook verlatyns tot Carolus, want baie van sy geskrifte was in Latyn.
 
== Sien ook ==
927

wysigings