Verskil tussen weergawes van "Kameelperd"

99 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
==Benaming ==
Die [[Afrikaans|Afrikaanse]] naam vir kameelperd is via 17e eeuse [[Nederlands]] afkomstig van die [[Latyn|Latynse]] naam camelopardalis. Hierdie naam is dan op sy beurt uit [[Grieks]] uit geleen en saamgestel uit "κάμηλος" (kamēlos) wat [[kameel]] beteken, en "πάρδαλις" (pardalis) wat [[luiperd]] beteken. Hierso verwys "luiperd" na die bruin vlekke op die kameelperd se pels, en "kameel" na sy liggaamsbou met 'n lang nek.
 
Baie ander tale gebruik die term "giraf(fe)" om na 'n kameelperd te verwys. Hierdie naam kom oorspronklik van die [[Arabies]] zarafah, wat ook "vinnige loper" beteken, en hulle het die naam op hul beurt waarskynlik by 'n Afrika-taal geleen.
 
Aanvanklik was die dier in die hele [[Europa]] slegs onder sy Latyns-gebasseerde naam (camelopardalis) bekend gewees. Die diere was dan ook slegs uit reisverhale bekend, aangesien hulle nie van nature in Europa voorkom nie. Die eerste werklike kontak met lewende kameelperde was deur middel van Italiaanse [[Dieretuin|dieretuine]] in die 16e eeu, en baie tale het dus die nuwe woord giraffe aan [[Italiaans]] ontleen.<ref> http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/giraf </ref> Interessant genoeg het die [[Kameelperd (sterrebeeld)|kameelperd sterrebeeld]] nog steeds sy ou benaming behou, en staan hy tot vandag toe in [[Engels]] bekend as camelopardalis.
 
== Voorkoms ==
610

wysigings