Verskil tussen weergawes van "Maanknoop"

8 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe artikel)
 
’n '''Knoop''' in [[sterrekunde]] is waar die [[wentelbaan]] van die [[maan]] die [[sonnebaan]] kruis. Die '''klimmende knoop''' of noordknoop is wanneer die maan die sonnebaan van "onder" na "bo" kruis (dus van suid na noord) en die '''dalende knoop''' of suidknoop wanneer dit die sonnebaan van "bo" na "onder" kruis (dus van noord na suid).
 
Verduisterings vind net plaas wanneer die maan deur een van die knope beweeg: ’n [[sonsverduistering]] wanneer die beweging deur die knoop tydens die [[nuwemaan]] plaasvind en ’n [[maansverduistering]] tydens die [[volmaan]].
 
==Drakoniese maand==