Verskil tussen weergawes van "Wieg van die Mensdom"

geen wysigingsopsomming nie
== Bekende opgrawings by die Wieg ==
[[Lêer:Robert Broom00.jpg|links|duimnael|Robert Broom]]Die [[Sterkfontein|Sterkfonteingrotte]] naby [[Krugersdorp]] buite Johannesburg het meer fossiele van voormenslike australopithesene (meer as 500) as enige ander enkele plek ter wêreld opgelewer. Die bekendste is die bykans volledige skedel van “[[Mev. Ples]]”, soos die media dit genoem het. Die fossielnavorsing wat dr. Robert Broom by Sterkfontein onderneem het is in die tweede helfte van die 20ste eeu hoofsaaklik deur prof. Phillip Tobias van die Departement van Anatomie aan die Universiteit van die Witwatersrand en dr. C.K. (Bob) Brain van die Transvaal-museum voortgesit.
[[Lêer:Mrs Ples.jpg|duimnael|Mev. Ples]]
Kort nadat Suid-Afrika die Wêrelderfeniskonvensie in die laat 1990’s onderteken het, is verskeie vindplekke van vroeë hominiede in [[Gauteng]] wes van Johannesburg as ʼn Wêrelderfenisterrein benoem en aanvaar. Daarna het die terrein by Taung in die provinsie Noordwes en [[Makapanstad|Makapan]] in [[Limpopo]] deel geword van wat algemeen as die Wieg van die Mensdom bekend staan. Klipwerktuie is in die boonste lae van sommige van dié plekke gevind, wat toon dat ware mense ook daar geleef en gesterf het.
 
Al die fossiele het behoue gebly omdat die beendere tussen vier en een miljoen jaar gelede in kalkgrond beland het – hoofsaaklik in erosieholtes in dolomiet. Navorsing toon dat die australopithesene en talle van die ander diere waarvan beendere in die dolomiet in fossiele verander het, meestal die prooi van groot roofdiere soos die uitgestorwe ''Dinofelis'' was. Beendere met brandmerke by Swartkrans in ʼn laag wat ook die reste van vroeë mense bevat, laat ʼn mens glo dat mense wat in die grot geskuil het, reeds ʼn miljoen jaar gelede geleer het hoe om vuur te benut. Dit het hulle dalk gehelp om met roofdiere mee te ding.
[[Lêer:MrsLittle PlesFoot 01.jpg|duimnael|Mev. PlesKleinvoet]]
Een van die interessantste fossiele is die sogenaamde “[[Kleinvoet]]”. Dit is ouer as die meeste ander australopithesene (sowat 3,2 miljoen jaar), en is eers aan sy voetbene uitgeken. Dié het getoon dat hy minstens gedeeltelik nog in bome gewoon het. Ná sorgvuldige speurwerk deur Nkwane Molefe en Stephen Motsumi (op versoek van dr. Ron Clarke) is die res van die skelet blootgelê in die breksie wat Sterkfontein se dolomietgrot vul. Die feit dat feitlik die hele skelet ontdek is, laat ʼn mens dink dat die individu nie deur ʼn roofdier doodgemaak is nie, maar in ʼn diep gat geval het en nie kon uitkom nie.
 
430

wysigings