Verskil tussen weergawes van "John Mayer"

Geen grootteverandering nie ,  11 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(+info vanaf http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=John_Mayer&oldid=295910112)
 
k
'''John Clayton Mayer''' (Engelse uitspraak: [ˈmeɪ.ər],<ref>Sien [http://inogolo.com/pronunciation/d1484/John_Mayer inogolo: uitspraak van John Mayer] {{en}}</ref> * 16 Oktober 1977) is 'n [[Amerika]]anse musikant. Hy is oorspronklik van [[Connecticut]] waar hy [[Berklee College of Music]] bygewoon het voordat hy in 1997 na [[Atlanta]], [[Georgia]] verhuis het en waar hy sy vaardighede verfyn het en 'n aanhangersbasis begin opbou het. Sy eerste twee ateljeealbums, ''Room for Squares'' en ''Heavier Things'', het kommersieel wel gevaar en multiplatinumstatus bereik. In 2003 het hy 'n Grammy-toekenning vir Best Male Pop Vocal Performance vir "Your Body Is a Wonderland" ontvang.
 
Mayer het sy loopbaan afgeskop deur hoofsaaklik akoestiese rockmusiek op te voer, maar het mettertyd 'n verskuiwing in die rigting van die blues-genre ondergaan en het in 2005 met bekende blues-kunstenaars soos B. B. King, Buddy Guy en [[Eric Clapton]] saamgewerk. Hy het ook die John Mayer Trio gevorm. Die blues-invloed word op die album ''Continuum'' (September 2006) duidelik. Op die 49ste Jaarlikse Grammy-toekenningsfunksie in 2007 het Mayer toekennings vir Best Pop Vocal Album (vir ''Continuum'') en Best Male Pop Vocal Performance (cirvir "Waiting on the World to Change") ontvang.
 
Mayer se loopbaanvooruitsigte brei ook uit na onvoorbereide komedie, ontwerp, en skryf; hy het al dele vir tydskrifte geskryf, mees noemenswaardig vir die ''Esquire''-tydskrif. Hy is ook by filantropiese aktiwiteite betrokke deur sy Back to You-fonds en sy bemoeidheid met [[globale verwarming]].
15 452

wysigings